BELANGRIKE TYE

  • Eredienstye : 9:30 vm & 19:00nm
  • Senior Bybelstudie : Dinsdae 9vm
 

Today 
RadDatePicker
Open the calendar popup.
AugustusSeptember 2017Oktober
So.Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.
27
28
29
30
31
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
1
2
3
4
5
6
7

EREDIENSTE

  1. OGGENDDIENS
  2. Elke Sondag 09:30 is daar ‘n oggenddiens in die kerkgebou. Almal is welkom om dit by te woon. Die eredienste word om die beurt deur die vyf leraars van die gemeente gelei; hoewel die oorwig daarvan deur Paul Grobler, leraar verantwoordelik vir die residensiële deel, gelei word. Twee keer ‘n maand is daar gelyklopend met die oggenddiens ook ‘n gesinsdiens in die Hub. Een van die leraars lei dit en die fokus van die prediking is op kinders.

  3. AANDDIENS
  4. Die aanddiens van Universiteitsoord is `n grootse belewenis wat jy nie wil misloop nie. Musiek speel `n baie groot rol, en wanneer 1700 studente saam ‘worship’ is dit elke week `n ervaring wat jou nie net vir daardie oomblikke iets van die hemel laat ervaar nie, maar wat jou sterk maak vir die hele week. Ons aanddiens het `n unieke klank wat waarskynlik in geen gemeente in ons land herhaal word nie. Ons briljante musikante vermeng klassieke en kontemporêre klanke. Met gemak speel ons tjello, fluite, viool, saksofoon, elektriese kitaar en baskitaar, saam met die orrel en drummer, musiek wat jou na God laat verlang.

    In die prediking probeer die studenteleraars om te praat oor temas wat relevant is vir studente en hulle leefwêreld. Elke jaar word `n paar preekreekse aangebied, wat verdiep word met Bybelstudies en gespreksaande gedurende die week. Tydens die preekreekse word saam gedink oor temas soos ‘die wil van God’, ‘hoe verstaan ek my roeping?’, ‘what moves me’, ‘because you’re worth it’.

    Uiteindelik is ons aanddiens die een plek waar ons saam aanbid, saam oor wyksgrense heen ontmoet, saam verwonderd is oor God, en saam dink oor die lewe en oor God en ons eie mens-wees in hierdie allermooiste tyd van ons lewe.

  5. WYKSDIENSTE
  6. Wyksdienste word gedurende die eerste drie kwartale op verskillende plekke gehou, soos deur die WK bepaal. Die datum van die wyksdienste word deur die PK bepaal met inagneming van die jaarbeplanning en preekrooster. Die doel van wyksdienste is om die 4 studentewyke die kans te gee om spesifiek as wyk saam te aanbid, saam te kuier en saam enige relevante sake in hul geledere te bemark.

 

GESELS SAAM