BELANGRIKE TYE

  • Eredienstye : 9:30 vm & 19:00nm
  • Senior Bybelstudie : Dinsdae 9vm
 

Today 
RadDatePicker
Open the calendar popup.
AugustusSeptember 2017Oktober
So.Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.
27
28
29
30
31
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
1
2
3
4
5
6
7

EMBLEME (LOGOS)

‘n Verskeidenheid embleme word van tyd tot tyd in die gemeente gebruik: ‘n amptelike (maar minder bekend onder die studente), ‘n nie-amptelike (maar meer bekend onder die studente), ‘n tydelike tematiese (die Road Trip s’n) en die mins bekende (dog eie aan die gemeente).

Amptelike

Die simboliek van die gemeente se amptelike embleem herinner aan 'n kerk met sy sterksprekende toring na bo. Die Kerk staan op die kruis - in die embleem 'n omgekeerde kruis. Volgens oorlewering is die apostel Petrus in Rome op eie versoek onderstebo gekruisig. Die drie sterk lyne wys heen na die Drie-Eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees. Die dubbele baan waarop hierdie driehoek rus verteenwoordig die twee komponente waaruit die gemeente saamgestel is: die inwonende deel en die studente, met laasgenoemde die breër baan. Albei hierdie dele is egter saamgebind in die Kerk van Christus wat oor hulle verrys.


Bekendste

Hierdie embleem word word op meeste van ons eerstejaarskampe en uitreike se kledingstukke gedruk. Die “kerkie penskets” dui op op die Behoort en Beweeg leuse deurdat die gebou ‘n huisie simboliseer (waar ons behoort) met ‘n dinamiese penstreep wat op ‘n pad voor die gebou dui wat êrens heen oppad is (naamlik dat ons beweeg). Die geboutjie is egter ‘n kerk gegewe die kruis-spits.


Road trip

Gebore uit die Pelgrimstog projek/sentiment wat in 2008 in die gemeente ontstaan het, het die meer kontemporêre titel van ‘n “Road Trip” gevolg. Ten einde ‘n korporatiewe bemarkbare logo hieraan te koppel is hierdie saamgestelde embleem ontwikkel wat gewoonlik in verskeie kleure gedruk word. Die dinamiese streep eindig ook in ‘n kruis en sluit die bekende “kerkie penskets” in.


Alternatief

Hierdie is ‘n skets van ons herkenbare kerkgebou. Dit figureer soms op ons kalender, op die webwerf of ander geleentheidsdrukwerk. Die residensiële gedeelte van die gemeente is meer bekend met hierdie skets/embleem.

GESELS SAAM