BELANGRIKE TYE

  • Eredienstye : 9:30 vm & 19:00nm
  • Senior Bybelstudie : Dinsdae 9vm
 

Today 
RadDatePicker
Open the calendar popup.
AugustusSeptember 2017Oktober
So.Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.
27
28
29
30
31
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
1
2
3
4
5
6
7

PREDIKANTE


Arno Meiring

Ek is Arno Meiring, getroud met Lieze, en die pa van Thomas. Ek het in Pretoria grootgeword, by Tukkies studeer, en was vroeër ‘n dominee by die NG Gemeente Skuilkrans. Ek het in September (2016) by Universiteitsoord begin as leraar vir die residensiële gemeente. My werk is om te deel in die lewens van mense, om die Here te ontdek in alledaagse dinge, om die Here te dien met eredienste, kategese, Bybelstudies, gesinsdienste, feesdae en koffietye. Uiteindelik stuur die Here ons om die wêreld sagter en smaakliker te maak!
Ek kan gekontak word by 082 807 4530.


Fritz Snyman

Ek is gebore en getoeë op 'n plaas buite Brits. Hier het ek skool gegaan en later het ek by Tukkies Teologie studeer. In my vyfde jaar het ek my vrou Dianda ontmoet. Ek is in 2002 beroep na my eerste gemeente: NG Potgietersrus-Suid en ek en Dianda is in 2003 hier in Universiteitsoord se kerkgebou getroud. Ons het drie dogtertjies: Chardi, Franzé en Diandi. Na sewe jaar in Potties is ons Universiteitsoord toe beroep en is nou 6 jaar in Pretoria. Ek is verantwoordelik vir een van die koshuiswyke: Tightly Bound (Olienhout, Maroela, Olympus, Voortrekker, Curlitzia, Erika, Jasmyn, Nerina en Katjiepiering. In 2015 het Asterhof, Boekenhout en Magrietjie deel geword van hierdie wyk.

Ronél Meylanh

Ek is Ronél Meylahn. Ek is getroud met Johann en ons het een seuntjie, Joschka, wat 7 jaar oud is. Ek is verantwoordelik vir die studentewyk Luvit, wat bestaan uit Inca, Kiaat, Klaradyn, Lilium, Madelief, Mopanie, Sonop en Zinnia. Hierdie is die afgelope 9 jaar my wyk. Ons ontvang vir Kollege en Taaibos as deel van ons wyk vanaf 2015. Voordat ek na Universiteitsoord gemeente beroep is, was ek predikant in Lyttelton en Valhalla. Kontak my gerus by rmeylahn@lantic.net

Jana de Lange

Ek is Jana de Lange en hoewel ek nog vir baie mense lyk soos een van die studente, is ek deel van die predikante-span. Ek is verantwoordelik vir die dagstudente wyk, Amicus en vir die uitreikbediening, Martus. Ek is in September 2015 na Universiteitsoord beroep en ontdek nog die opwinding, uitdagings en avontuur van studentebediening saam met die studente. Ek was voorheen predikant by NG Constantiakruin se Engelse bediening en bedien graag die diverse groepe en kulture in ons land. Jy kan my gerus kontak by jana@universiteitsoord.co.za of 076 835 5525.

GEKOPPELDE LEERAAR

Paul Grobler

My naam is Paul Grobler. Ek is getroud met Nerene en ons het 2 dogters, Lidalize en Li-Ané. Ek was verantwoordelik vir die residensiële deel van die gemeente, m.a.w die lidmate wat permanent hier inskakel, totdat ek in 2015 Noordeline Sinode toe beroep is. My eerste gemeente was Vanderbijlpark-Sentraal, waarna ek vir nege jaar studenteleraar by Universiteitsoord was. Daarna was ek op Letsitele en sedert 2007 weer terug by Universiteitsoord. Nerene is ‘n lewensafrigter en spesialiseer veral in studiehulp vir studente. Kontak my gerus by 083 653 5734.

 

GESELS SAAM