BEDIENINGE

GROEIGROEPE / BYBELSTUDIES

Ons doel met groeigroepe is om die geleentheid te bied om weekliks vir ’n uur of twee bymekaar te kom in klein groepe. Hier word nuwe Christenvriende gemaak deur te hoor hoe dit met mekaar gaan en saam tyd in die Bybel te spandeer. Jana is oorhoofs verantwoordelik vir die groeigroepe en kan gekontak word by 076 835 5525, of kontak jou wyksleier oor jou koshuisgroepe.

 

  • Die residensiële gemeente het elke Dinsdagoggend om 9:00 Bybelstudie in Karoolsie.
  • Vir die jong werkendes en nagraadse studente is daar Medius op Woensdagaande 19:00 in Karoolsie. Kontak Suné Terblanche 072 422 4890.

 

MARTUS

Martus is Universiteitsoord se uitreikbediening. Martus bied vir studente en residensiële lidmate groeigeleenthede d.m.v. uitreike, projekte, toere en kampe. Dis waar ons ’n verskil kan maak in die wêreld. Vakansietyd toer die studente: hulle gaan op fietstoere, ’n konserttoer, matriekhulp-onderwysuitreike, vakansieoord-dienswerkkampe, boukampe en studentejolle. Deur die kwartaal reik ons weekliks meer plaaslik uit na behoeftige gemeenskappe in en om Pretoria. Elke wyk reël ook jaarliks ’n “One Hit Wonder”-uitreik – ’n vinnige uitreik wat op kort kennisgewing beplan en uitgevoer word in Pretoria.

Daar is hoofsaaklik 3 tipes uitreike waarop gefokus word en wat die Martuskomitee help fasiliteer:

• Vakansie-uitreike

• Plaaslike deurlopende uitreike

• One Hit Wonders

HUB

’n Tuiste vir elke student – ’n plek om te speel, te kuier, te lag, weg te kom, te swot . . . a place to be! Met ’n lekker eetplek, gratis WiFi, pooltafels, kuierhoekies en kuierplek onder die bome, word voorsien in almal se behoeftes. Hier word gereeld kunsuitstallings gehou en heelwat daghuise, koshuise en fakulteite gebruik die Hub vir spesiale geleenthede. Die droom van die Hub is ’n tuiskomplek vir alle studente, oor kultuurgrense heen. Vir enige Hub-verwante navrae kan Ronél Meylahn gekontak word by 082 857 5752 of vir besprekings kontak Petra Schoeman by 012 362 0663/4.

BYBELSKOOL

Die Bybelskool is ’n nuwe bediening waar ons met ’n bietjie meer diepte na die Bybel kyk. Ons bied elke kwartaal ’n Bybelskool-kursus aan oor ’n spesifieke Bybelboek of -tema. Die Bybelskool is ’n lekker oop gesprek waar ons die insigte en vrae van studente, residensiële lidmate en besoekers geniet. Bybelskool is Donderdagaande 18:00-19:30. Kontak Arno Meiring by 082 807 4530 vir meer besonderhede.

TEGNIES

Tegnies behels die toesighouding oor en bestuur van die klank- en ander multimediatoerusting van die gemeente. Die verskillende persone wat Sondagaande verantwoordelik is vir die hantering van die klank en klanktoerusting vorm deel van ’n klankspan. Elke wyk behoort ook hul eie “tegniese-persoon” te hê wat verantwoordelik is vir die wyk se behoeftes aan klank, multimedia ens. Indien jy enige klank- of multimediatoerusting wil bespreek kontak vir Fanie Schoeman by 012 362 0663/4.

MUSIEK

Musiek het oor die jare heen ’n belangrike deel uitgemaak van Universiteitsoord se bediening en ons verstaan van onsself as gemeente. Ons is geseënd met hoogstaande gehalte musikante. O.l.v. Prof. Wim Viljoen en Ronél Meylahn poog ons om die aanddiens se musiek en die gepaardgaande aanbiddingsbelewenis gelyktydig aanbiddend en kontemporêr te laat wees. Ons gebruik ’n unieke ensemble met ’n verskeidenheid instrumente wat ’n orrel, kitare, klavier, keyboard, blaasinstrumente en strykinstrumente insluit, sowel as ’n kombinasie van voorsangers.

 

Ander geleenthede waar musiek ’n belangrike rol speel in ons aanbiddingsgeleenthede is die wyksdienste, oggenddienste en op kampe. Daar is ’n musiektrust in die gemeente vir die bevordering van kerkmusiek.

 

Ons ontmoet jou graag! Skakel gerus enige van die predikante as jy enige vrae of probleme het of as jy sommer net wil gesels.

 

 

UNIVERSITEITSOORD behoort en beweeg
Ededienstye: Oggenddiens- 9:30 Aanddiens- 19:00 Kerkgebou: NG Universiteitsoord, Duxburyweg 105, Hatfield, 0181. GPS Koördinate: S23'45.336 en E28'14.201.

Kantoorpersoneel:

 

Petra Schoeman

(Admin, finansies & studentefinansies)

petra@universiteitsoord.co.za

012 362 0663

 

Alida Marais

 

Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord
Ededienstye: Oggenddiens- 9:30 Aanddiens- 19:00 Kerkgebou: NG Universiteitsoord, Duxburyweg 105, Hatfield, 0181. GPS Koördinate: S23'45.336 en E28'14.201. Kerkkantoor: Tel: 012 362 0663/4 Faks: 086 561 9098 E-pos: kantoor@universiteitsoord.co.za Lokaal besprekings en verhurings: Petra Schoeman E-pos: petra@universiteitsoord.co.za Tel: 012 362 0663/4 Bankbesonderhede: Absa Tjekrekening NG Universiteitsoord Rekeningnommer: 540580006 Takkode: 632005 Kantoorpersoneel: Petra Schoeman (Admin, finansies & studentefinansies) petra@universiteitsoord.co.za 012 362 0663/4 Alida Marais (Admin, registerhouer, datakontroleur) alida@universiteitsoord.co.za 012 362 0663/4 Die Kerkkantoor is weekliks oop vanaf 8:00 tot 16:00
Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord