Die predikante

Arno Meiring

Ek is Arno Meiring, getroud met Lieze, en die pa van Thomas. Ek het in Pretoria grootgeword, by Tukkies studeer, en was vroeër ’n dominee by die NG Gemeente Skuilkrans. Ek het in September 2016 by Universiteitsoord begin as leraar vir die residensiële gemeente. My werk is om te deel in die lewens van mense, om die Here te ontdek in alledaagse dinge, om die Here te dien met eredienste, kategese, Bybelstudies, gesinsdienste, feesdae en koffietye. Uiteindelik stuur die Here ons om die wêreld sagter en smaakliker te maak! Ek kan gekontak word by 082 807 4530.

Jana de Lange

Ek is Jana de Lange en hoewel ek myself probeer oortuig dat ek nog een van die studente is, is ek deel van die predikantespan. Ek is verantwoordelik vir die dagstudentewyk, Amicus, en vir die uitreikbediening, Martus. Ek is in September 2015 na Universiteitsoord beroep en geniet dit baie om die opwinding, uitdagings en avontuur van die lewe saam met die studente en God te ontdek. Ek was voorheen predikant by NG Constantiakruin se Engelse bediening en bedien graag die diverse groepe en kulture in ons land. Jy kan my gerus kontak by jana@universiteitsoord.co.za of 076 835 5525.

 

Fritz Snyman

Ek is gebore en getoë op ’n plaas buite Brits. Hier het ek skoolgegaan en later het ek by Tukkies studeer. In my vyfde jaar het ek my vrou Dianda ontmoet. Ek is in 2002 beroep na my eerste gemeente, NG Potgietersrus-Suid, en ek en Dianda is in 2003 hier in Universiteitsoord se kerkgebou getroud. Ons het drie dogtertjies: Chardi, Franzé en Diandi. Na sewe jaar in Potties is ons Universiteitsoord toe beroep. Ek is verantwoordelik vir die koshuiswyk, Family Bound, wat bestaan uit Olienhout, Maroela, Boekenhout, Olympus, Voortrekker, Curlitzia, Erika, Jasmyn, Nerina, Asterhof, Magrietjie en Katjiepiering. Kontak my gerus by 082 332 5781 of fritz@universiteitsoord.co.za.

 

Ronél Meylahn

Ek is Ronél Meylahn. Ek is getroud met Johann en ons het een seuntjie, Joschka, wat 7 jaar oud is. Ek is verantwoordelik vir die studentewyk Luvit, wat bestaan uit Inca, Kiaat, Klaradyn, Lilium, Madelief, Mopanie, Sonop, Zinnia, Kollege en Taaibos. Hierdie is die afgelope 9 jaar my wyk. Voordat ek na Universiteitsoord gemeente beroep is, was ek predikant in Lyttelton en Valhalla. Kontak my gerus by rmeylahn@lantic.net

 

Paul Grobler

My naam is Paul Grobler. Ek is getroud met Nerene en ons het twee dogters, Lidalize en Li-Ané. Ek was verantwoordelik vir die residensiële deel van die gemeente, m.a.w. die lidmate wat permanent hier inskakel, totdat ek in 2015 Noordelike Sinode toe beroep is. My eerste gemeente was Vanderbijlpark-Sentraal, waarna ek vir nege jaar studenteleraar by Universiteitsoord was. Daarna was ek op Letsitele en sedert 2007 weer terug by Universiteitsoord. Nerene is ’n lewensafrigter en spesialiseer veral in studiehulp vir studente. Kontak my gerus by 083 653 5734.

 

die kantoorspan

Alida Marais

alida@universiteitsoord.co.za

012 362 0663/4

Fanie Schoeman (Koster)

petra@universiteitsoord.co.za

0123620663/4, 0832734562

Petra Schoeman

petra@universiteitsoord.co.za

012 362 0663/4

Die orrelis

Wim Viljoen

UNIVERSITEITSOORD behoort en beweeg
Ededienstye: Oggenddiens- 9:30 Aanddiens- 19:00 Kerkgebou: NG Universiteitsoord, Duxburyweg 105, Hatfield, 0181. GPS Koördinate: S23'45.336 en E28'14.201.

Kantoorpersoneel:

 

Petra Schoeman

(Admin, finansies & studentefinansies)

petra@universiteitsoord.co.za

012 362 0663

 

Alida Marais

 

Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord
Ededienstye: Oggenddiens- 9:30 Aanddiens- 19:00 Kerkgebou: NG Universiteitsoord, Duxburyweg 105, Hatfield, 0181. GPS Koördinate: S23'45.336 en E28'14.201. Kerkkantoor: Tel: 012 362 0663/4 Faks: 086 561 9098 E-pos: kantoor@universiteitsoord.co.za Lokaal besprekings en verhurings: Petra Schoeman E-pos: petra@universiteitsoord.co.za Tel: 012 362 0663/4 Bankbesonderhede: Absa Tjekrekening NG Universiteitsoord Rekeningnommer: 540580006 Takkode: 632005 Kantoorpersoneel: Petra Schoeman (Admin, finansies & studentefinansies) petra@universiteitsoord.co.za 012 362 0663/4 Alida Marais (Admin, registerhouer, datakontroleur) alida@universiteitsoord.co.za 012 362 0663/4 Die Kerkkantoor is weekliks oop vanaf 8:00 tot 16:00
Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord