meer inligting

MEER INLIGTING

WANNEER IS DIE KAMP?

Eerstejaars, 21 - 25 Januarie 2019

Personeelkamp 18 - 25 Januarie 2019

 

ELEKTRONIESE INSKRYWINGS SLUIT SATERDAG 19 JANUARIE. DAAR KAN OOK MAANDAG 21 JANUARIE BY DIE KERK INGESKRYF WORD.

HOEVEEL KOS DIE KAMP?

 Eerstejaars: R995

 Personeel/Komitee: R950

WAAR IS DIE KAMP?

• Amicus – Woord in Aksie (15 km van die kerk af in Kameeldrift omgewing)

• Luvit – Jubaweni (naby Nylstroom)

• Family Bound – Jubaweni (naby Nylstroom)

IN WATTER WYK IS EK? (MET NUWE KOSHUIS NAME)

Amicus – alle dagstudente, kommunes en privaat koshuise

Luvit – Inca, Kiaat, Klaradyn, Kollege, Lillium, Madelief, Mopanie, Sonop, Taaibos, Zinnia (Ikageng, Tirisano, House Nala, College, Hayani, Madelief, Mopane, Sonop, The Tower en Zinnia).

Family Bound– Asterhof, Boekenhout, Curlitzia, Erika, Jasmyn, Katjiepiering, Magrietjie, Maroela, Nerina, Olienhout, Voortrekker, Olympus, Tuks Bophelong (Asterhof, House TAU, Curelitzia, Erica, House Khutso, Azalea, House Mags, Morula Legae, Nerina, Tuks Ekhaya, Voortrekker, House Ukuthula en Tuks Bophelong).

TOT WANNEER AANVAAR JULLE INSKRYWINGS EN BETALINGS?

Tot en met ontvangdag op 21 Januarie 2019. Ons stel wel voor dat inskrywing en betaling so gou as moontlik gemaak sal word om administrasie te vergemaklik.

WAT IS DIE BANKBESONDERHEDE VIR BETALING?

• Bank: ABSA (Tjek rekening)

• Rek. Nr: 40 48 75 35 88

• Takkode: 335345

• Verwysing: die nommer bo aan die epos. Geen "#" is nodig nie.

o    U kan twee of meer inskrywings met een EFT-oorbetaling betaal: plaas verskeie nommers in die verwysing met 'n spasie tussen elk.

• NB: die verwysing sal as hoofbron dien om u betaling te prosesseer.

• E-pos die bewys-van-betaling na eerstejaarskamp.uo@gmail.com (die bewys-van-betaling dien slegs as bykomende bewys)

TERUGBETALINGSBELEID VIR KANSELLASIES:

Indien jy onttrek van die eerstejaarskamp voor 12 Januarie 2019, sal jy jou volle bedrag as terugbetaling ontvang. Indien jy na 12 Januarie 2019 onttrek, sal jy slegs 50% van jou betaling terug ontvang omdat sekere uitgawes alreeds aangegaan is.

WAT MOET EK SAAMBRING?

LET WEL: Die eerste ete wat op die kamp voorsien word is aandete. Jy kan vir jou iets te ete koop by die Hub voor die erediens 11:00 of neem ‘n kospakkie vir middagete saam.

 

▪ Gemaklike klere

▪ Muskietweermiddel

▪ Sakgeld vir Snoepie

▪ ‘n Musiekinstrument vir die talentaand (as jy een speel)

▪ Persoonlike medisyne

▪ Reënjas

▪ Slaapsak

▪ Swemklere

▪ Bybel

▪ Eetgerei

▪ Tekkies

▪ Notaboekie

▪ Ou stel klere

▪ Sonskerm/hoed

▪ ‘n Boks beskuit

ENIGE VRAE WAT OOR DIE KAMPPROGRAM GAAN:

Amicus

Ds Jana de Lange: 076 835 5525

Kampleier: Andre Bellingan: 063 684 2597

Luvit

Ds Ronél Meylahn: 082 857 5752

Kampleier: Marko: 074 586 6121

 

Family Bound

Ds Fritz Snyman: 082 332 5781

Kampleiers: Ivan: 084 880 3012 of Henno: 076 518 5163

HOE WERK ONTVANGSDAG?

Registrasie van 08:00 – 11:00

Kerkdiens vir studente en ouers 11:00 in die kerkgebou

Vertrek na verskeie kampe - 12:00

HOE WERK TERUGKOMS OP DIE 26STE JANUARIE?

Die studente behoort almal rondom 12:00 terug te wees by die kerk.

WAAR IS DIE KERK?

Op die hoek van Heroldstraat & Duxburyweg 105, Hillcrest.

WAT BEHELS DIE KAMP?

‘n Dag se program sluit in geestelike sessies in klein groepe met personeellede wat leiding gee, “praise and worship” sessies, lekker sports en aktiwiteite deur die dag, vermaaklikhede en sokkies in die aande, en kontaksessies met seniors wat raad kan gee oor wat om te verwag op universiteit en waar om hulp te kry.  Dis werklik 'n besonderse ervaring en hope pret!

LIKE ONS FACEBOOK PAGE

Universiteitsoord Eerstejaarskamp

 

 

UNIVERSITEITSOORD behoort en beweeg

Eredienstye:

Oggenddiens- 9:30

Aanddiens- 19:00

 

Kerkgebou:

NG Universiteitsoord,

Duxburyweg 105, Hatfield, 0181.

 

GPS Koördinate:

S23'45.336 en E28'14.201.

Petra Schoeman

(Admin, finansies & studentefinansies)

E-pos: etra@universiteitsoord.co.za

 

Maretha Minnaar

Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord
meer inligting
Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord
meer inligting