Amptelike

Die simboliek van die gemeente se amptelike embleem herinner aan ’n kerk met sy sterksprekende toring na bo. Die Kerk staan op die kruis – in die embleem is dit ’n omgekeerde kruis. Volgens oorlewering is die apostel Petrus in Rome op eie versoek onderstebo gekruisig. Die drie sterk lyne wys heen na die Drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees. Die dubbele baan waarop hierdie driehoek rus verteenwoordig die twee komponente waaruit die gemeente saamgestel is: die inwonende deel en die studente, met laasgenoemde voorgestel deur die breër baan. Albei hierdie dele is egter saamgebind in die Kerk van Christus wat oor hulle verrys.

 

Bekendste

Hierdie embleem word op meeste van ons eerstejaarskampe en uitreike se kledingstukke gedruk. Die “kerkie penskets” dui op die Behoort en Beweeg leuse: die gebou simboliseer ’n huisie (waar ons behoort) en ’n dinamiese penstreep, oftewel ’n pad voor die gebou, dui op êrens heen oppad wees (dat ons beweeg). Die geboutjie is egter ’n kerk, gegewe die kruis-spits.

 

Road trip

Gebore uit die Pelgrimstog projek/sentiment wat in 2008 in die gemeente ontstaan het, het die meer kontemporêre titel van ‘n “Road Trip” gevolg. Ten einde ‘n korporatiewe bemarkbare logo hieraan te koppel is hierdie saamgestelde embleem ontwikkel wat gewoonlik in verskeie kleure gedruk word. Die dinamiese streep eindig ook in ‘n kruis en sluit die bekende “kerkie penskets” in.

 

Alternatief

Hierdie is ’n skets van ons herkenbare kerkgebou. Dit figureer soms op ons kalender, die webwerf of op ander geleentheidsdrukwerk. Die residensiële gedeelte van die gemeente is meer bekend met hierdie skets/embleem.

 

UNIVERSITEITSOORD behoort en beweeg
Ededienstye: Oggenddiens- 9:30 Aanddiens- 19:00 Kerkgebou: NG Universiteitsoord, Duxburyweg 105, Hatfield, 0181. GPS Koördinate: S23'45.336 en E28'14.201.

Kantoorpersoneel:

 

Petra Schoeman

(Admin, finansies & studentefinansies)

petra@universiteitsoord.co.za

012 362 0663

 

Alida Marais

 

Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord
Ededienstye: Oggenddiens- 9:30 Aanddiens- 19:00 Kerkgebou: NG Universiteitsoord, Duxburyweg 105, Hatfield, 0181. GPS Koördinate: S23'45.336 en E28'14.201. Kerkkantoor: Tel: 012 362 0663/4 Faks: 086 561 9098 E-pos: kantoor@universiteitsoord.co.za Lokaal besprekings en verhurings: Petra Schoeman E-pos: petra@universiteitsoord.co.za Tel: 012 362 0663/4 Bankbesonderhede: Absa Tjekrekening NG Universiteitsoord Rekeningnommer: 540580006 Takkode: 632005 Kantoorpersoneel: Petra Schoeman (Admin, finansies & studentefinansies) petra@universiteitsoord.co.za 012 362 0663/4 Alida Marais (Admin, registerhouer, datakontroleur) alida@universiteitsoord.co.za 012 362 0663/4 Die Kerkkantoor is weekliks oop vanaf 8:00 tot 16:00
Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord