WYKSDIENSTE

Wyksdienste word gedurende die eerste drie kwartale op verskillende plekke gehou, soos deur die wykskomitees bepaal. Die datum van die wyksdienste word deur die predikantespan bepaal met inagneming van die jaarbeplanning en preekrooster. Die doel van wyksdienste is om die drie studentewyke die kans te gee om spesifiek as wyk saam te aanbid, saam te kuier en saam enige relevante sake in hul geledere te bemark.

Oggenddienste vind Sondae om 09:30 plaas in die kerkgebou en almal is welkom om dit by te woon. Die eredienste word om die beurt deur die vier leraars van die gemeente gelei, hoewel die oorwig daarvan deur Arno Meiring, leraar verantwoordelik vir die residensiële deel, gelei word. Twee keer ’n maand is daar gelyklopend met die oggenddiens ook ’n gesinsdiens in Karoolsie. Een van die leraars lei dit en die fokus van die prediking is op kinders.

OGGENDDIENS

     AANDDIENS

Die 19:00 aanddiens van Universiteitsoord is ’n grootse belewenis wat jy nie wil misloop nie. Musiek speel ’n baie groot rol, en wanneer honderde studente saam worship is dit ’n ervaring wat jou nie net vir daardie oomblikke iets van die hemel laat ervaar nie, maar wat jou sterk maak vir die hele week. Ons aanddiens het ’n unieke klank wat waarskynlik in geen gemeente in ons land herhaal word nie. Ons briljante musikante vermeng klassieke en kontemporêre klanke. Tjello, fluit, viool, saksofoon, elektriese kitaar, baskitaar, tromme én die orrel speel met gemak saam musiek wat jou na God laat verlang.

In die prediking probeer die studenteleraars om te praat oor temas wat relevant is vir studente en hulle leefwêreld. Elke jaar word ’n paar preekreekse aangebied, wat verdiep word met groeigroepe gedurende die week. Tydens die preekreekse word saam gedink oor temas soos “Die wil van God”, “Hoe verstaan ek my roeping?”, “What moves me?”, “Because you’re worth it”, “In gesprek met God” en vele meer.

Uiteindelik is ons aanddiens die een plek waar al die wyke saam kom aanbid, saam verwonderd is oor God, en saam dink oor die lewe en oor God en ons eie menswees in hierdie allermooiste tyd van ons lewe.

EREDIENSTE

UNIVERSITEITSOORD behoort en beweeg

Eredienstye:

Oggenddiens- 9:30

Aanddiens- 19:00

Kerkgebou:

NG Universiteitsoord,

Duxburyweg 105, Hatfield, 0181.

GPS Koördinate:

S23'45.336 en E28'14.201.

Petra Schoeman

(Admin, finansies & studentefinansies)

E-pos: etra@universiteitsoord.co.za

Maretha Minnaar

Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord