WIE IS ONS?

 

Ons is ’n gemeente in die hartklop van Tukkies se studentebedrywighede en geleë in die pragtige Hatfield/Brooklyn omgewing, so bekend vir sy pragtige Jakarandastrate in die lente.

 

Die gemeente is op 29 Junie 1960 gestig met die doel om vir studente van oor die hele land wat aan UP studeer ’n geestelike tuiste in ons vriendelike katedraal te bied. Ongeveer ’n derde van die gemeente se studentelidmate wissel elke jaar. Om dus stabiliteit en vastigheid te gee aan ’n bediening waarvan die lidmate eintlik in transito is, het die gemeente van die begin af ook ’n deel lidmate ingesluit wat meer permanent betrokke is as gesinne. Hulle staan bekend as die residensiële deel van Universiteitsoord en woon oor die hele stad. Ongeveer ’n kwart van die gemeente bestaan tans uit residensiële lidmate.

 

Die twee dele van die gemeente is ’n unieke kombinasie van ervaring en stabiliteit, tesame met energie en spontaniteit. Dit is ’n huwelik wat ons koester en oppas ter wille van die geslagte wat kom.

 

Ons is ’n gemeente wat bely dat God mense liefhet en dat die Here alle mense in liefde en genade insluit en gebruik in Sy koninkryk. Ons probeer om as geloofsfamilie hierdie radikale liefde van God uit te leef en om God se wye, veelkleurige en onverdiende genade sonder voorbehoud uit te deel. Daarom is Universiteitsoord ook ’n oop, inklusiewe gemeente waar almal welkom is, ongeag jou geslag, ras, status of seksuele oriëntasie.

 

UNIVERSITEITSOORD behoort en beweeg
Ededienstye: Oggenddiens- 9:30 Aanddiens- 19:00 Kerkgebou: NG Universiteitsoord, Duxburyweg 105, Hatfield, 0181. GPS Koördinate: S23'45.336 en E28'14.201.

Kantoorpersoneel:

 

Petra Schoeman

(Admin, finansies & studentefinansies)

petra@universiteitsoord.co.za

012 362 0663

 

Kantoor

 

Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord
WIE IS ONS?
Ededienstye: Oggenddiens- 9:30 Aanddiens- 19:00 Kerkgebou: NG Universiteitsoord, Duxburyweg 105, Hatfield, 0181. GPS Koördinate: S23'45.336 en E28'14.201. Kerkkantoor: Tel: 012 362 0663/4 Faks: 086 561 9098 E-pos: kantoor@universiteitsoord.co.za Lokaal besprekings en verhurings: Petra Schoeman E-pos: petra@universiteitsoord.co.za Tel: 012 362 0663/4 Bankbesonderhede: Absa Tjekrekening NG Universiteitsoord Rekeningnommer: 540580006 Takkode: 632005 Kantoorpersoneel: Petra Schoeman (Admin, finansies & studentefinansies) petra@universiteitsoord.co.za 012 362 0663/4 Alida Marais (Admin, registerhouer, datakontroleur) alida@universiteitsoord.co.za 012 362 0663/4 Die Kerkkantoor is weekliks oop vanaf 8:00 tot 16:00
Copyrights (C) 2017 All rights Reserved by NG Universiteitsoord
WIE IS ONS?