BELANGRIKE TYE

  • Eredienstye : 9:30 vm & 19:00nm
  • Senior Bybelstudie : Dinsdae 9vm
 

Today 
RadDatePicker
Open the calendar popup.
AugustusSeptember 2017Oktober
So.Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.
27
28
29
30
31
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
1
2
3
4
5
6
7

WYKE

Die studentebediening bestaan grotendeels uit Wyke en Bedieninge. Die wyke is onderverdeel in 3 studente wyke, 2 vir die koshuise en 1 vir die dagstudente.

1. LUVIT

Die koshuise wat aan hierdie wyk behoort is Inca, Kiaat, Klaradyn, Kollege, Lilium, Madelief, Mopanie, Sonop, Taaibos en Zinia. Ons wyk het `n redelik uitgebreide wykskomitee. Ons probeer om ons wykskomitee so goed as moontlik verteenwoordig te hê op die eerstejaarskamp, sodat `n diep wyksverbintenis reeds daar gevestig word. Op ons eerstejaarskamp werk ons ook met `n uitgebreide komitee, omdat dit `n effektiewe manier is om senior studente ingeskakel te hou en `n gesonde wyksbetrokkenheid te skep vir die jaar. Van die koshuise werk met kleingroepe. Dit is `n uitdaging om die Groenkloofkampus se koshuise goed in te skakel. Ons probeer om dit te doen deur veral besoeke aan eerstejaars, lof-aande, goeie kontak met die geestelike hk’s en betrokkenheid by kleingroepe.

Deel van ons identiteit is dat ons graag wil hê dat almal behoort, en dat ons geleenthede probeer skep vir almal om te beweeg. Ons het gewoonlik `n uitreikprojek as wyk. Ons probeer goeie kontak hou met huisouers en HK’s. Ons wyksdienste is `n hoogtepunt waarin ons ons behoort aan mekaar vier.

Die studenteleraar is Ronél Meylahn en die wyksleier Mornè Oosthuysen.

2. TIGHTLY BOUND

Die volgende koshuise vorm deel van Tightly Bound: Asterhof, Boekenhout, Erika, Curlitzia, Jasmyn, Katjiepiering, Magrietjie, Maroela, Nerina, Olienhout, Voortrekker en Olympus. Die aktiwiteite in die wyk word gereël deur ons WK wat bestaan uit twee of meer verteenwoordigers uit elke koshuis. Die studenteleraar is Fritz Snyman.

3. AMICUS

Amicus is Universiteitsoord se dagstudente wyk. Amicus beteken vriend.

Die dag wat jy by die Universiteit instap, word studente in die diepkant ingegooi.  Niks is regtig soos jy verwag dit gaan wees nie… Inteendeel, dis heelwat beter en ook erger.  Vir ‘n dagstudent is dinge ietwat kompleks, aangesien daar nie konstant ‘n koshuis vol mense om jou is wat saam met jou probeer spartel om te swem nie. Jy voel miskien alleen en wonder waar jy inpas!  Universiteitsoord is ‘n goeie oplossing daarvoor, ons leuse is nie verniet “Behoort en Beweeg nie”!

Maar wat is Amicus dan?  Dit is jou netwerk by die kerk - ONBEPERK!  Dis ‘n plek waar jy as dagstudent aan ‘n groep van jou soort kan behoort!  Saam met Amicus sal jy nie net-net kop-bo-water hou nie, maar jy sal vlerke kry om te vlieg sodat jy die beste van jou studentejare kan maak! Ons punt is nie net om so naby aan mekaar te wees as wat ons kan nie, maar om ook so divers te wees as wat ons kan, want ons weet hoe uniek God elkeen van ons gemaak het.  So, maak jy jouself gereed vir regte Volroom Vriendskap, met God in die middel as ons Beste Vriend.

Die studenteleraar is Jana de Lange en die Wyksleier is Werner Eksteen.

 

GESELS SAAM