BOUPROJEK


BOU PLANNE & IDEES VIR ONTWIKKELING

GEMEENTEGESKIEDENIS


  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button

KYK 'N BIETJIE ROND

  • Kan jy die een, enkele heel baksteen raaksien?

Die halwe bakstene simboliseer dat nie een van ons perfek is nie en soms ook maar sukkel.

  • Hoeveel trompetpype tel jy in die orrel?

 Ons bestaan om die Here te verheerlik en te aanbid, ook met mooi musiek; in die oggende ‘n klassieke musiekstyl, en in die aande ‘n blended, klassiek-kontemporêre styl.

  • Wat sien jy as jy opkyk?

Die hoë dak herinner ons ‘n werklikheid groter as ekself. Die toring is in die vorm van ‘n bruid; die mooi beeld in Openbaring wat sê dat die Here vir ons baie lief is.

  • Hoeveel boë tel jy?

Die drie boë verwys na die Drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees.

  • Het jy die paletkruis gesien?

Die kruis is leeg, Jesus het opgestaan en ons deel in hierdie opstandingslewe.

  • Wat het jy nog gesien?

Die doopvont op die liturgiese ruim, vertel dat die Here ons eerste gekies het. Die kerk se vensters, wat van lig na donker verander, is ‘n teken van die die lig wat die Here in die wêreld bring.

  • Was jou pa of ma, dalk oupa of ouma, in Universiteitsoord?

Die gemeente is 64 jaar oud en dis ons 49ste eerstejaarskamp vanjaar!


ONS KERGEBOU: SIMBOLIEK & TEKENS

Ons kerkgebou is vol simboliek en tekens wat elkeen sy eie boodskap dra. Sit vir ‘n oomblik en kyk ‘n bietjie rond en dink na hieroor. Wat sê dit vir jou hier aan die begin van lydenstyd?

  • Die hele gebou se argitektuur is in die vorm van ‘n bruid wat in die rigting van die Preekstoel kyk: Vanuit die Woord is die Gemeente, bruid van Christus.
  • Die halwe Bakstene waarmee die kerk gebou is: Simboliseer iets van ons almal se gebrokenheid maar saam is ons heel.
  • ‘n Enkele heel baksteen: Simboliseer Christus as die hoeksteen van die Gemeente.
  • Die pallethout- kruis: Selfs dit wat krom en skeef, reeds gebruik, of weggegooi is, is bruikbaar vir God en kan iets mooi word.
  • Die leë kruis: Die kruis is juis daar waar die hout nie is nie, waar die niks, die leegte is. Simboliseer ook iets van die leë kruis en leë graf.
  • Die boonste vensters: Van donkerblou na geel. Simboliseer iets van die nuwe dag wat aanbreek. Lig wat die donker verdryf
  • Die drie groot houtboë (pilare waarop die dak rus): Simboliseer iets van die drie-eenheid van God.
  • Die doopfont met die simbool van ‘n duif (Heilige Gees)- By ons doop het alles vir ons begin.
  • Die preekstoek met kanselbybel: Die Woord staan sentraal in die Gemeente en in ons lewe.
  • Die nagmaaltafel met brood en wyn: Simbolies van Jesus se liggaam en bloed.
  • Die loodglas vensters aan die voorkante van die kerk: Simboliseer iets van die gewydheid van die ruimte en terselfde tyd laat dit lig op die liturgiese ruimte skyn.
  • Die orrel en orrelpype: Simboliseer iets van die grootsheid van ons lof aan God.

EERSTES BY UNIVERSITEITSOORD

'n Paar interessante eerstes in die gemeente se geskiedenis: (Volgens Die Koord, Mei 2010)

  • Die eerste Sondagskool is op 14 Augustus 1960 in Pretoria-Oos Laerskool gehou. Daar was 160 kinders wat in 15 klasse ingedeel was.
  • Die eerste dopeling, Suzette, babadogtertjie van Mnr en Mev TJ Lukas, is op 2 Oktober 1960 gedoop.
  • Die eerste huwelik in die gemeente het op 2 November 1960 tussen Sarel du Plessis en Anette Spence plaasgevind.
  • In 1960 het die eerste ses studente van die gemeente as predikante afgestudeer.
  • Op 19 Maart 1967 is die eerste Nagmaal in die nuwe kerkgebou gehou.
  • Die eerste drie paartjies is op 25 Maart 1967 in die nuwe kerkgebou in die eg verbind.
  • Die eerste vier babas is op 2 April 1967 in die nuwe kerkgebou gedoop.
  • Die eerste Kruistog in die gemeente het op Goeie Vrydag, 6 April 2000, plaasgevind.
  • Aswoensdag is op 25 Februarie 2009 vir die eerste keer in die gemeente gevier.
Share by: