STUDENTEBEDIENING

NG Universiteitsoord is ‘n geestelike tuiste vir studente in Pretoria sedert 1960. Hier leef studente hulle geloof saam met ander studente uit en dit gaan gepaard met diep verhoudings en groot pret – net soos studente kan. 


Ons bestaan uit twee studente wyke: Meraki is ons koshuiswyke, wat ‘n nou band met Tukkies se koshuise het. Amicus is ons dagstudente wyk waar alle studente wat in Pretoria woon, ook dié wat nie by Tukkies studeer nie, kan inskakel. 


Met ons verskillende wyke, groeigroepe en lekker kuier-geleenthede is daar vir elkeen ‘n plek om te behoort . Ons het ook ‘n groot verskeidenheid van plaaslike- en vakansie-uitreike waar ons met God se liefde die wêreld in beweeg


Kom maak gerus ‘n draai by ons erediens Sondagaande om 19:00 en word deel van ons geloofsfamilie. 

BEDIENINGE

Vind jou plek om te behoort!

Ons wyke is die plek waar jy maklik kan inskakel, deel word van 'n groter groep vriende en ook kan dien op verskillende plekke in die kerk. 

Loer gerus hieronder watter studentewyk jou wyk is, afhangende van jou koshuis of as 'n dagstudent, en kontak jou wykspredikant om meer uit te vind!

Verskeie studente groeigroepe kom weekliks regoor Pretoria bymekaar.  Daar is groeigroepe in meeste koshuise, sowel as dagstudente groepe. Om deel te word van 'n groeigroep, klik op die skakel hieronder en stuur 'n e-pos aan Anuschka (Anuschka@unio.co.za) en ons verbind jou dan so spoedig moontlik aan 'n lekker groep. 

Tydens ons twee-jaarlikse Preekreekse, word ekstra groeigroepe gehou wat spesifiek op die Preekreeks gemik is.  Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.


Medius

Medius is ons tussengroep - spesiaal vir jong werkendes en senior studente. 

Ons Medius groep kom Woensdae 19:00 in die Hub bymekaar. 

Dis 'n groter Bybelstudie groep, maar ons hanteer ook aktuele temas van tyd tot tyd. 

Kom maak 'n draai na werk of na 'n lang dag se studies en word deel!

Martus - Getuie!

Martus is Universiteitsoord se uitreikbediening. Martus bied vir studente en residensiële lidmate groeigeleenthede d.m.v. uitreike, projekte, toere en kampe. Dis waar ons ’n verskil kan maak in die wêreld. Vakansietyd toer die studente: hulle gaan op fietstoere, ’n konserttoer, matriekhulp-onderwysuitreike, vakansieoord-dienswerkkampe, boukampe en studentejolle. Deur die kwartaal reik ons weekliks meer plaaslik uit na behoeftige gemeenskappe in en om Pretoria. Elke wyk reël ook jaarliks ’n “One Hit Wonder”-uitreik – ’n vinnige uitreik wat op kort kennisgewing beplan en uitgevoer word in Pretoria.

Daar is hoofsaaklik 3 tipes uitreike waarop gefokus word en wat die Martuskomitee help fasiliteer:


Vakansie-uitreike

  • Bosveld Konserttoer (April)
  • #imagine (April)
  • Fietstoer (Julie)
  • Tshipise vakansiebediening (Julie)
  • Onderwysuitreike (Julie)
  • Middestad-uitreik (Julie)
  • Studentejol (Desember)

Plaaslike deurlopende uitreike

  • Meet & Eat
  • Jakaranda Kinderhuis
  • Vosstraat Dienssentrum
  • Tutorklasse
  • Winterhoop
  • Buttons & Bows
  • Brooklyn Polisiestasie
  • Vocalise Fellowship Choir
  • Sepedi-klasse
  • Taizé-dienste 

STUDENTEWYKE

  • Meraki

    DAMES

    • Asterhof
    • Azalea
    • Curelitzia
    • Erica
    • Hayani
    • House Khutso
    • House Mags
    • House Nala 
    • Ikageng
    • Madelief
    • Nerina
    • Zinnia

    MANS

    • College
    • House TAU
    • House Ukuthula 
    • Mopane
    • Morula Legae
    • Sonop
    • The Tower
    • Tirisano
    • Tuks Ekhaya

    Bopelong (Gemengde koshuis)


    Fritz Snyman

    082 332 5781

    Fritz@unio.co.za

  • Amicus

    • Dagstudente   
    • Kommunes    
    • Privaat koshuise

    Anuschka Smit

    072 599 0695

    Anuschka@unio.co.za


Share by: