GELOOFSGROEI

EMOJI

Twee of drie maal per jaar spreek ons geloofsvrae of lewenskwessies aan tydens 'n preekreeks.  Vir vyf weke lank hanteer ons die tema tydens die eredienste een ook in die weeklikse kleingroepe.

Weeklikse kleingroepe van studente wat saam Bybelstudie hou of die Preekreekse bespreek.  Die groepe kom bymekaar by die kerk, in koshuise of aan huis.  Groeigroepleiers kry weekliks opleiding en word deur predikante ondersteun.


Tydens preekreekse is daar ook 'n spesiale groep vir die lidmate van die Tuisgemeente.

Bybelskool

Ons beplan 'n Bybelskool vir elke kwartaal.  Interessante onderwerpe uit die Bybel wat deur kundiges aangebied word.


Die nuwe Bybelskool datums sal binnekort volg.


Bybelstudie

Ons Bybelstudie word hoofsaaklik deur lidmate van die Tuisgemeente bygewoon.  Dit word gewoonlik deur een van die predikante gelei, maar ook ander kundiges of predikante van buurgemeentes.


Dinsdae 9:00 in die kerk se voorportaal

Share by: