NG Universiteitsoord se Orrelkonsertreeks 2024 het af gesluit met 'n Kerskonsert op 27 November 2024. Hierdie konsert het ‘n groep uiters professionele en talentvolle musikante bymekaar gebring, wat saam iets werklik uitsonderlik kon skep—‘n geleentheid wat nie gou weer gehoor of ervaar sal word nie.
Ons orrelis, Dr. Isabelle van Rensburg, het hierdie aand se program gelei met haar meesterlike spel op die orrel. Sy was vergesel deur 'n talentvolle koperblaaskwintet, bestaande uit Braam van Tonder (trompet), Donald Bouwer (trompet), Jaco van Staden (Franse horing), Hendri Liebenberg (tromboon) en Erik Beukes (tuba), die befaamde Chanticleer Singers, asook twee talentvolle studente van die gemeente, die sopraan Carmen Potgieter en tenoor Pierre van der Merwe.
Hierdie konsert het ‘n unieke klankervaring wat selde in Suid-Afrika gehoor word. Met die samekoms van hierdie sangers, koperblaasspelers en die magtige klank van NG Universiteitsoord se orrel, het die gehoor ‘n uitvoering beleef wat Kersfees op ‘n besondere en spesiale manier kon vier.
Hierdie vlak van musiekuitvoering en talent kom nie gereeld bymekaar nie en ons is dankbaar dat hierdie uitsonderlike geleentheid by NG Universiteitsoord aangebied kon word.
Hierdie konsert was aangebied om fondse in te samel vir die onderhoud, herstel en restourasie van NG Universiteitsoord se orrel.
NG Universiteitsoord se orrel is in 1967 gebou deur die Suid-Afrikaanse Orrelbouers (SAOB) en die grootste elektropneumatiese kegellaaiorrel wat in samewerking met die adviseur, Boudewijn Scholten, gebou is. Die orrel het 35 pypreekse, 41 verskillende registers en 3027 sprekende pype. Ná amper 60 jaar se intensiewe gebruik van hierdie instrument tydens eredienste, vir die opleiding van orreliste en die aanbied van vele orrelkonserte, is dit nodig vir die orrel om deur 'n proses van hertstelwerk en restourasie te gaan sodat dit kan aanhou klink in die toekoms. U ondersteuning word opreg waardeer.
Byna 700 mense het gisteraand NG Universiteitsoord se Kerskonsert bygewoon. Dit was laaste konsert vir 2024 en wat ‘n fees.
Musici:
Chanticleer Singers:
Soprane:
Louise Frahm-Arp, Christine Geldenhuis, Este Meerkotter, Irma Meyer, Bronwen Anderson, Surette Prinsloo
Alte
Diana Cowen, Megan Cox, Cora Hoexter
Tenore:
Riaal Domingues, Mzukisi Kota, Mark Marais, Chris Mostert, Willem Brooks
Basse:
Wion Flett, Bodo Meyer, Hendre van Zyl, Waldo Egan
Koperblaaskwintet:
Trompet - Braam Van Tonder, Donald Bouwer, Franse horing, Jaco van Staden,
Tromboon - Hendri Liebenberg
Tuba - Erik Beukes
Sopraan:
Carmen Potgieter
Tenoor:
Pierre van der Merwe
Orrelis:
Isabelle van Rensburg
NG Universiteitsoord se 2024 Orrelkonsertreeks: 'n Simfonie van musiek
NG Universiteitsoord het ‘n reeks orrelkonserte aangebied waarin die orrel tesame met musikale vriende op die voorgrond geplaas is. 'n Magdom van musikale talent en uitnemendheid het in vier unieke konserte die harte van musiekliefhebbers in Pretoria betower.
'n Ode aan vroulike uitnemendheid
Die reeks het afgeskop met 'n konsert op 10 Maart waar NG Universiteitsoord saam met orreliste regoor die wêreld, Internasionale vrouekomponiste gevier het. Hierdie besondere geleentheid het die talent van Dr. Andrea Kayser-Mitas op die orrel in die kollig geplaas saam met 'n ensemble van merkwaardige vrouemusici. Hulle het ingesluit Ané van Staden op viool, Bella Divine op saksofoon, en Katia Sokolova op tjello. Komposisies deur vroue-orrelkomponiste is in hierdie program aangebied. Sielvolle vertolkings en virtuositeit het veral uitgestaan in die musiekitems. Die konsert het musikale diversiteit en die krag van vroulike uitnemendheid in die musiekbedryf gevier.
Gewyde Konsert: 'n Spirituele Reis deur Klank
Die tweede konsert het 'n gewyde atmosfeer geskep met 'n vertoning van musiek verweef met die sewe laaste woorde van Jesus aan die kruis. Die gehoor is meegesleur op 'n spirituele reis deur klank, met komposisies van Thomas Albinoni, Arvo Pärt, Karl Jenkins, Charles Gounod, Cesár Franck en John Williams wat diepe bepeinsing opgeroep het. Die talente van die sopraan Carmen Potgieter, tenore Ordino Kock en Pierre van der Merwe, asook vioolspeler Carin Janse van Vuuren, het onder leiding van Dr. Isabelle van Rensburg saamgesmelt en 'n aangrypende ervaring gebied.
Boeiende Ontmoeting van musiek en tradisie
Die derde konsert in die reeks het 'n boeiende ontmoeting van musiek en tradisie gebied met die bekroonde violis Zanta Hofmeyr en orrelis Dr. Isabelle van Rensburg. Dit was van die staanspoor af duidelik dat kundigheid en vaardigheid op die hoogste vlak sal seëvier. Die program het 'n ryk tapisserie van musikale genot gebied, met 'n verskeidenheid repertorium wat oor eeue en kontinente strek. Hierdie konsert het nie nét 'n ode aan die uitnemende vlak van spel gebring nie, maar óók die impak van beide Hofmeyr en Van Rensburg se aandeel in die musiekgemeenskap gevier.
Harmonie van Klavier- en Orrelduet
Die reeks het afgesluit met 'n betowerende ervaring van klavier- en orrelduette met Prof. Albert Troskie en Dr. Erika Bothma-Troskie wat hul talent ten toon gestel het. Die gehoor is meegesleur deur die smaakvolle verwerkings en sensitiewe uitvoering van kermusiek en ander bekende melodieë. Dit was die musici se eerste openbare uitvoering as ‘n getroude egpaar en voorwaar spesiaal om hulle by NG Universiteitsoord te kon ontvang.
NG Universiteitsoord se Orrelkonsertreeks 2024 het sover 'n onvergeetlike indruk gemaak op gehore. Elke konsert het 'n unieke reis deur die wêreld van musiek gebied. Met die kollig op die talente van verskeie orreliste se samewerking met ander instrumente, was hierdie reeks 'n viering van die krag wat musiek besit om harte te verryk en siele te inspireer.