EREDIENSTE & PREEKBEURTE

EREDIENSTYE


Oggenddiens - 9:30

Oggenddienste vind plaas in die kerkgebou en almal is welkom om dit by te woon.
Oggenddienste is ook op YouTube beskikbaar.

Aanddiens - 19:00

Aanddiens van Universiteitsoord is ’n grootse belewenis wat jy nie wil misloop nie.
Preke word gewoonlik spesifiek gemik op studente, maar word deur alle lidmate bygewoon. 
Aanddienste word lewendig op YouTube uitgesaai.

PREEKBEURTE


9 Feb 16 Feb
Oggenddiens Arno Meiring Arno Meiring
Gesinsdiens Karel Albrecht
Aanddiens Anuschka Smit Arno Meiring
EERSTEJAARSDIENS PREEKREEKS BEGIN

Volg ons aanlyn dienste op ons YouTube kanaal.

OGGENDDIENS

OGGENDDIENS

Oggenddienste vind Sondae om 09:30 plaas in die kerkgebou en almal is welkom om dit by te woon. Die eredienste word om die beurt deur al ons leraars van die gemeente gelei, hoewel die oorwig daarvan deur Arno Meiring, (leraar verantwoordelik vir die residensiële deel) gelei word. Twee keer ’n maand is daar gelyklopend met die oggenddiens ook ’n gesinsdiens in die Hub. Een van die leraars lei dit en die fokus van die prediking is op kinders.

AANDDIENS

AANDDIENS

Die 19:00 aanddiens van Universiteitsoord is ’n grootse belewenis wat jy nie wil misloop nie. Musiek speel ’n baie groot rol, en wanneer honderde studente saam worship is dit ’n ervaring wat jou nie net vir daardie oomblikke iets van die hemel laat ervaar nie, maar wat jou sterk maak vir die hele week. Ons aanddiens het ’n unieke klank wat waarskynlik in geen gemeente in ons land herhaal word nie. Ons briljante musikante vermeng klassieke en kontemporêre klanke. Tjello, fluit, viool, saksofoon, elektriese kitaar, baskitaar, tromme én die orrel speel met gemak saam musiek wat jou na God laat verlang.

WYKSDIENSTE

WYKSDIENSTE

Wyksdienste word gedurende die eerste drie kwartale op verskillende plekke gehou, soos deur die wykskomitees bepaal. Die datum van die wyksdienste word deur die predikantespan bepaal met inagneming van die jaarbeplanning en preekrooster. Die doel van wyksdienste is om die studentewyke die kans te gee om spesifiek as wyk saam te aanbid, saam te kuier en saam enige relevante sake in hul geledere te bemark.

Share by: