Die halwe bakstene simboliseer dat nie een van ons perfek is nie en soms ook maar sukkel.
Ons bestaan om die Here te verheerlik en te aanbid, ook met mooi musiek; in die oggende ‘n klassieke musiekstyl, en in die aande ‘n blended, klassiek-kontemporêre styl.
Die hoë dak herinner ons ‘n werklikheid groter as ekself. Die toring is in die vorm van ‘n bruid; die mooi beeld in Openbaring wat sê dat die Here vir ons baie lief is.
Die drie boë verwys na die Drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees.
Die kruis is leeg, Jesus het opgestaan en ons deel in hierdie opstandingslewe.
Die doopvont op die liturgiese ruim, vertel dat die Here ons eerste gekies het. Die kerk se vensters, wat van lig na donker verander, is ‘n teken van die die lig wat die Here in die wêreld bring.
Die gemeente is 64 jaar oud en dis ons 49ste eerstejaarskamp vanjaar!
Ons kerkgebou is vol simboliek en tekens wat elkeen sy eie boodskap dra. Sit vir ‘n oomblik en kyk ‘n bietjie rond en dink na hieroor. Wat sê dit vir jou hier aan die begin van lydenstyd?
'n Paar interessante eerstes in die gemeente se geskiedenis: (Volgens Die Koord, Mei 2010)