NG Universiteitsoord se orrel is in 1967 gebou deur die Suid-Afrikaanse Orrelbouers (SAOB) en volgens Prof. Troskie (Pyporrels in Suid-Afrika, 1992:67), die grootste elektropneumatiese kegellaaiorrel wat in samewerking met die adviseur Boudewijn Scholten, gebou is. Die orrel het 35 pypreekse, 42 verskillende registers en 3027 sprekende pype. Prof Wim Viljoen, eertydse orrelis van die gemeente, het gereeld die veelsydigheid van hierdie orrel beklemtoon waarop repertoire van die Barok tot 21ste eeuse-musiek suksesvol uitgevoer kan word. Dit besit ’n wye palet van klankkleure as gevolg van die wye verskeidenheid registers. Indien slegs die fluitregisters uitgelig word, sluit dit die Roerfluit, Spitsfluit, Vlakfluit, Baarpyp, Koppelfluit, Woudfluit, Blokfluit en Naghoorn in. Tesame hiermee het die orrel pragtige sterk tongwerke en ’n singende Prestant op die Hoofwerk.
Benewens die orrel se gebruik vir Sondae se eredienste, word dit ook vir konserte en as ’n oefen -en lesgee-instrument gebruik. Die orrel is in ’n uitstekende werkende toestand. Daar is egter groot restorasie werk nodig in die nabye toekoms en NG Universiteitsoord is besig met die beplanning daarvan.
Daar word gereeld orrelkonserte by NG Universiteitsoord aangebied. Skryf gerus u kontakbesonderhede op die vorm in die voorportaal indien u op hoogte gehou wil word van ons orrel en orrelkonserte.
Almal is welkom!
Dinsdae 19h00 - NG Universiteitsoord
Kontak
Wihan Rossouw (073 489 1414)
Janita Mostert (072 912 3340) vir meer inligting.
BANKBESONDERHEDE
NG Gemeente Universiteitsoord
ABSA
Tjekrekening
Takkode 632005
540 580 006
Gebruik "orrel" as verwysing
Maak 'n donasie en kliek "orrel"
Kontak vir meer inligting:
Dr. Isabelle van Rensburg (orrelis) - isabelle@universiteitsoord.co.za
Flip Erasmus - Kantoor@unio.co.za