UITREIKE (MARTUS)
Wie en Wat is Martus
MARTUS is die Griekse woord vir “getuie”. Ons is geroep om getuies van Jesus te wees, ons wil dit saam met JOU wees, so kom beweeg saam met ons die wêreld in met Jesus se liefde!
Martus is Universiteitsoord se uitreikkomitee wat al die uitreike reël wat jou toelaat om jou horisonne te verbreed. Ons het verskillende soorte uitreike sodat daar vir elke persoon onder die son ‘n plek is waar hulle kan voel hulle maak ‘n verskil.
Doen jouself die guns om een vakansie op ‘n Unioord uitreik te gaan. Ons waarborg jou dit sal vir jou so goed wees om ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak dat jy sommer op nog ‘n uitreik sal wil gaan.
Op die uitreike fokus ons ook om in te reik en sodoende bietjie dieper na jouself te kyk. Vra enige student wat al op ‘n Universiteitsoord uitreik was, maar moenie net hulle woord daarvoor vat nie- kom vind self uit! Ons is geroep om sout en lig vir die
wêreld te wees, om Jesus se liefde uit te leef en hopelik ‘n paar mense nader aan God te bring. Daarom doen ons graag uitreike by Universiteitsoord!
Daar is hoofsaaklik 3 tipes uitreike waarop gefokus word en wat die Martuskomitee help fasiliteer:
- Plaaslike of deurlopende uitreike
- Vakansie-uitreike
- One Hit Wonders
WAT IS OP PAD?
FIETSTOER RESENSIES
WIL JY SAAM KOM?
BOSVELDTOER
Almal ken die vele Bosveld liedjies, maar as jy eers die Bosveld beleef het gedurende die September vakansie sal jy saam met Appel stem- los vir my daar, daar doer in die Bosveld. Die Bosveld uitreik vat jou so ver soos die Limpopo rivier en jy beleef die gasvryheid van mense wat in dorpe woon waarvan jy moontlik nog nooit eers gehoor het nie. Langs die pad stop ons by onder andere ouetehuise en kinderhuise. Kom ervaar die Bosveld stilte wat gepaard gaan met ‘n vuurtjie en goeie geselskap.
HANDEVAT FIETSTOER
Het jy al ooit op ‘n toer gegaan saam ‘n groep vreemdelinge en meer as 200km getrap?. Daar gaan ‘n bus en ‘n ondersteuningsvoertuig ook saam, so moenie laat die fiets deel jou afskrik nie.
Begin sommer nou oefen dan weet jy jy is reg vir Junie/Julie. Laas jaar was hulle tot in Botswana!
Dominee Anuschka het ook getrap!
TSHIPISE
Ieeeen Twieeee Drieeee! So tel ons hier. Aan die ander kant van die Zoutpansberg lê die Tshipise vakansieoord. Gedurende
die Junie/Julie vakansie verruil die studente koue Pretoria vir hierdie warmer Limpopo bestemming. Jy kan uitsien na
Swaeltjie besoeke, poppekas, skaterlag en die geleentheid om as ‘n potensiële feëtjie of nar die vakansiegangers se dag.
STUDENTEJOL
Die studente het die geleentheid om fasiliteerders te wees by Klein Kariba gedurende die Matrieks se vakansie. As jy hou van swem en son kan jy help om die vakansie vir die Matrieks onvergeetlik te maak. Dit is ‘n lekker manier om jou Desember vakansie te begin! Jy hou saam vakansie terwyl jy uitreik.
PLAASLIKE UITREIKE
ONE HIT WONDERS
Hierdie uitreike verander gereeld en word bepaal deur behoeftes wat in ons gemeenskap geïdentifiseer word. Ons het al gehelp met kospakkies vir studente, versorging van haweloses tydens lockdown, verf van 'n kleuterskool of netbaltekkies vir 'n opkomende sportvrou. Hou ons sosiale media en afkondigings dop vir meer inligting.
WIL JY SAAM KOM?
PLAASLIKE EN DEURLOPENDE UITREIKE
NG Universiteitsoord is ook betrokke by Huis 3 van Jakaranda kinderhuis, ons vat vir ons bure SAPS Brooklyn beskuit en loods elke winter die Winterhoop projek wat kos en komberse vir haweloses vat. Ons uitreik bediening stop wel nie by die bogenoemde nie. Gedurende die jaar is daar ook opwindende One Hit Wonders wat gereël word. Dit kan sommer vinnig beplan word en kan enigiets insluit soos ‘n besoek aan Wollies Diere skuiling of pannekoek bak vir ‘n aftreeoord. As jy idees het, kom gesels gerus met ons en hou die Martus-bord in die voorportaal van die kerk dop vir meer inligting.
Vir enige navrae kontak vir Anushcka 072 599 0695