Studente vergader elke week. Daar is groepe in amper elke koshuis en groepe wat by die kerk bymekaarkom.
Groeigroepleiers ontvang ook gereeld opleiding.
Kontak jou wyksleier of wykspredikant as jy by 'n groeigroep wil aansluit.
Twee of drie maal per jaar spreek ons geloofsvrae of lewenskwessies aan tydens 'n preekreeks. Vir vyf weke lank hanteer ons die tema tydens die eredienste een ook in die weeklikse kleingroepe.
Ons Bybelstudie word hoofsaaklik deur lidmate van die Tuisgemeente bygewoon. Dit word gewoonlik deur een van die predikante gelei, maar ook ander kundiges of predikante van buurgemeentes.
Dinsdae 9:00 in Karoolsie
Ons beplan 'n Bybelskool vir elke kwartaal. Interessante onderwerpe uit die Bybel wat deur kundiges aangebied word.