Ons gebruik kamers as ’n metafoor vir al die dinge wat vanjaar vir jou voorlê:
Jy gaan jouself nuut en beter leer ken en daarom val ons met die deur in die huis deur te praat oor jou identiteit. Ons gesels dan oor jou vriende in die sitkamer; bak en brou, wen en verloor in die kombuis; en groei en leer in die studeerkamer. Uiteindelik nooi ons jou om ook stil te word in die slaapkamer en om op ’n besondere manier saam met die Here deur hierdie jaar te stap. (Ons eerste reeks fokus dus op jou en jou dinge. Later vanjaar kyk ons na die groter omgewing en waarvoor die Here jou in die wêreld wil gebruik.)
(Ester 1 & 2) – Arno Meiring
(Ester 2:1-18; 5:9-14) – Anuschka Smit
(Ester 2:19-23; 6:1-14) – Anuschka Smit
(Ester 5 & 7) – Christian Oberholzer
(Ester 4) – Arno Meiring
NG Universiteitsoord het weekliks kleingroepe van studente (koshuis or dagstudente) wat saam Bybelstudie hou en deur die Preekreeksboekie werk. Die groepe kom bymekaar by die kerk, in koshuise of by ‘n huis. Groeigroepleiers kry weekliks opleiding en word deur predikante ondersteun. Raak deel van een van hierdie groeigroepe, vind ‘n gemeenskap en maak nuwe vriende.
Kontak Ds Anuschka (072 599 0695) / Simone (072 135 6528) vir enige navrae.
Tydens die preekreekse is daar ook 'n spesiale groep vir die lidmate van die Tuisgemeente op Donderdae.
Kontak Ds Arno vir meer inligting.